Gebruikergeskepte inhoud

Gebruikergeskepte inhoud in die virtuele wêreld Second Life

Gebruikergeskepte inhoud is enige vorm van inhoud wat geskep is deur gebruikers van 'n stelsel of diens en openbaar beskikbaar gestel word op daardie stelsel. Gebruikergeskepte inhoud kom meestal voor as bydraes op aanlynplatforms, soos op sosialemedia-webwerwe, en kan verskeie soorte inhoud insluit soos blogbydraes, wiki's, video's en opmerkings.[1]

Die term "gebruikergeskepte inhoud" (GGI) en die konsep waarna dit verwys het in die middel-2000's deel van die hoofstroomgebruik geword en het ontstaan in die webpublisering- en inhoudproduksiesirkels van nuwe media. Die BBC het 'n gebruikergeskepte inhoud-platform vir sy webtuiste in 2005 geskep, en die tydskrif Time het "Jy" as die Persoon van die Jaar in 2006 aangewys, na aanleiding van die toename in die produksie van gebruikergeskepte inhoud op die internet.[2][3]

Gebruikergeskepte inhoud word gebruik vir 'n verskeidenheid toepassings, insluitend probleemverwerking, nuus, vermaak, reklame, skinder en navorsing. Dit is 'n voorbeeld van die demokratisering van inhoudproduksie; waar daar in die 1970's en 1980's tradisionele "hekwagte" soos koerantredakteurs en uitgewers die hoofde van nuusprogramme was wat alle inhoud en inligting goedgekeur het voordat dit uitgesaai of uitgegee is, was 'n groot aantal individue in die 1990's en 2000's, namate mediaproduksie deur nuwe tegnologieë meer toeganklik, gebruikersvriendelik en bekostigbaar vir die algemene publiek geword het, in staat om teks, digitale foto's en digitale video's aanlyn te publiseer, met min of geen "hekwagte" of filters.[4]

  1. Beal, Vangie. "What is User-Generated Content?". Webopedia (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2019. Besoek op 13 April 2017.
  2. "The BBC May be the First Mainstream Industrial Medium to Adopt User-Generated Content" (in Engels). BBC News. 4 Julie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2017. Besoek op 2 April 2017.
  3. Lev Grossman (13 Desember 2006). "You — Yes, You — Are TIME's Person of the Year". Time (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2013. Besoek op 20 Desember 2012.
  4. Chin-Fook, Lianne; Simmonds, Heather (2011). "Redefining Gatekeeping Theory for a Digital Generation". The McMaster Journal of Communication. 8: 7–34.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search